Health

Vroeg in Desember 2023

Plakkies en pêrels. Dit is die raamwerk van my kleredrag vandag.
My roesbruin-rooi hare dra ek met ‘n trotse loadshedding look. Verslaap maar betyds.
Sal by die tweede stop blusher aansit en teen die einde van die dag behoort ek oorbelle aan te hê en miskien tel iemand op ek het 1 bruin plakkie en 1 swarte aan. My rokkie is blou.
Niks wat ‘n Esteé Lauder parfuum nie kan fix to perfection voor ek dit overthink nie.
Mense wat “blog” is gewoonlik famous. Ek is baie famous. Hoop jy weet van my 🤣🤣
Iewers het iemand gesê die betekenis van my naam is pêrel. As ek eendag energie het sal ek dit navors.
Vir nou wil ek eers verdwaal in hierdie wêreld waar ek myself bevind.
Dit gaan so lekker wees om julle almal beter te leer ken.
Waar is jy vandag? Beslis op ‘n beter plek as verlede jaar dié tyd.
Dit is hoe ons, ons vordering meet.
Healthy Ginger by Retha with love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *