Ek het vanaand my eerste Natanël teateroptrede gesien. Wat ‘n puik akteur. Ek wil nou al sy shows kyk.
Wat hy nie weet nie is dat teen die muur bo my bedkopstuk ‘n poster is van 1 van sy optredes toe ek seker nog op skool was. Daar is nie ‘n datum op die poster nie maar hy en Mimi Coertse het in Februarie daai eeu ‘n konsert gehad. My boetie het ‘n interessante aanvoeling vir dekor.
Eintlik sou my blyery hier by hom van korte duur gewees het. ‘n Onbeplande seisoen het Junie 2022 in my lewe aangebreek. As ek my kop nou kon skud sou ek, dit is amper soos die 6 weke “divorce care” kursus wat ek 10 jaar gelede by Choose Life kerk bygewoon het maar 18 maande later kon hulle ook nie van my ontslae raak nie.
As ek my aanvullings so kyk besef ek dat hierdie ‘n meer emosionele sensitiewe dag of 3 is op die kalender maar wanneer jy seer het, het jy seer. Wanneer jou wêreld in duie stort, dan verbeel jy nie jouself die seer nie.
My ma word 75 oor minder as ‘n uur. Deurtrek met Parkinson’s siekte en Alzheimer’s. Vandag het haar kakebene ook tremors begin kry. Sy is next level gespanne maar ‘n kalmeerpil het die teenoorgestelde effek op haar, so dit is geen opsie nie. Haar suster se dogter het ook vandag gebel en die tyding gebring dat my Tannie besig is om te sterf. Behalwe vir baie ander dinge is dit seker 1 van my grootste vrese. Dat my sussie my ooit sal los. Sy is hier van Engeland af vir die week. Haar naam moes eintlik gatskuur van Wyk gewees het. Sy kan nie stil sit nie. Daar is heeltyd iets beplan. Ek love dit eintlik omdat ek so min rondrits. Ons was by Ingaadi Spa vanoggend, Nataniël vanaand, more nog ‘n fancy uiteet en Sound of Music is ook nog op die beplanning. My broer noem iets van ‘n Wimpy cheese burger voor hy ook weer Sonder terug Luanda toe gaan.
Daar was gister bietjie wrywing tussen die lot van ons. Om die minste te sê so onnodig maar my wêreld het totaal in duie gestort toe hy my ‘n slagspreuk toesnou wat ek waarlik nie verdien het nie. Nadat ek 1 van die mees produktiefste dae gehad het in seker 10 jaar en net nog 1 ding wou afhandel omdat ek nooit weet wat die dag van more vir my inhou nie, probeer ek om nie werk te laat oorstaan nie. Die seerste is dat dit vir hom okei was om so met my te praat. Gaan hierdie nou nog ‘n apology wees waarvoor ek gaan wag maar nooit sal kry nie? Hy weet alles van my af, my diepste geheime en hy is my mentor maar die vertroue is nou weg. Ek moet hier weg. Die vraag is net waarheen? Waar sal ek en my Liesbet gaan skuil teen harde woorde? Sy is by die honde hotel, ek huil myself aan die slaap. Hulle stuur gelukkig so 2 keer op ‘n dag vir my ‘n boodskap en foto’s van haar en die maatjies. Haar gesiggie wys dat sy my soek.
Ek is hoopvol vir ‘n nagrus. Dit bly ‘n groot stryd. Hou moed Retha. God het jou nog nooit gedrop nie.